Huis van Romanof

Huis van Romanof
Die wapen van die Romanofs
Die wapen van die Romanofs
Land Rusland
Titel Tsaar (tot 1721)
Keiser (ná 1721)
Eerste heerser Michail
Laaste heerser Nikolaas II
Huidige hoof Prins Andrei Romanof of
groothertogin Maria Wladimirowna
Regeer 1613–1917

Die Huis van Romanof (Russies: Рома́новы, Romanowi) was die tweede en laaste dinastie van Rusland. Twintig heersers uit die dinastie het Rusland 304 jaar lank regeer van 1613 tot 1917. Van 1761 af is Rusland regeer deur ’n lyn van die Huis van Oldenburg wat ontstaan het ná die huwelik tussen ’n Romanof-groothertogin en die hertog van Holstein-Gottorp. Hierdie lyn is amptelik ook Romanof genoem, maar genealoë verwys soms, meer akkuraat, daarna as Holstein-Gottorp-Romanof.

Die dinastie het tot ’n val gekom net voor die uitbreek van die Russiese Rewolusie in 1917. Die tsaar is gedwing om te abdikeer. Hy en sy gesin was daarna eers in huisarres en is in 1918 tereggestel.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search